Tom Hanks
Het jy gehoor?

FOTO: Tom Hanks lyk heeltemal anders vir fliek

Die Oscar-bekroonde akteur Tom Hanks is hard aan die werk vir sy nuwe fliek, Sully, waarvan Clint Eastwood die regisseur is, berig People.

Sully gaan oor kaptein Chesley “Sully” Burnett Sullenberger wat in 2009 ’n noodlanding in die Hudsonrivier in New York gedoen het – en in die proses 155 mense se lewens gered het. Die vliegtuig was skaars 2 minute in die lug toe ’n swerm ganse in die enjins beland het.

Kaptein Sullenberger het ná hy as held vereer is ’n boek met die titel Highest Duty: My Search for What Really Matters geskryf en die fliek is daarop baseer.

TMZ het dié foto van Tom (59) op die stel van Sully gedeel.

In die foto lyk hy veel ouer as gewoonlik en mens kan amper nie glo dis dieselfde man as in die foto hieronder nie! Hy het dit onlangs op sy Instagram-blad gedeel:

A photo posted by Tom Hanks (@tomhanks) on

Bronne: People en TMZ

Lees ook