SAINT_LAURENT_JACK_KILMER_1210X905_06
Het jy gehoor?

FOTO: Bekende akteur se seun doen sy eerste modesessie

Die akteur Val Kilmer se 19-jarige seun, Jack, het pas sy eerste modesessie voltooi. En nie sommer ’n hier-jy een nie – hy is die gesig van Saint Laurent se nuwe mansreeks. Só berig Daily Mail.

Die Permanent-reeks bestaan uit stylvolle, klassieke mans-ontwerpe. Jack se smeulende voorkoms, hoë wangbene en daai lippe laat ons veral aan pa se jonger dae dink toe hy die in Batman Forever en Top Gun gespeel het. Sy ma is die Britse aktrise, Joanne Whalley.

SAINT_LAURENT_JACK_KILMER_1210X905_03

FOTO: YSL

SAINT_LAURENT_JACK_KILMER_1210X905_04

FOTO: YSL

Sy deurbraak

Jack is ook ’n akteur en het eers in Junie met modelwerk begin. Sy groot deurbraak was toe Gia Coppola hom verlede jaar teenoor Emma Roberts laat speel het in ’n film van James Franco se kortverhale, Palo Alto

jack kilmer

Jack Kilmer in Palo Alto (FOTO: YouTube)

KLIK hier vir nóg foto’s