FOTO Instagram / @francoisvancoke

FOTO Instagram / @francoisvancoke

Het jy gehoor?

FOTO: Van Coke-baba is uiteindelik hier!

Die rocker Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst, is nou trotse ouers! Lauren het gister die lewe geskenk aan ’n pragtige babadogtertjie, Alex Lila Badenhorst.

Die Van Coke Cartel-groepslid het dié foto gister op sosiale media gedeel:

Lauren het reeds Vrydag dié foto van haar bababoep op sosiale media gedeel met die onderskrif wat lees “laaste bababoep foto”.

Selfs die paartjie se goeie vriendin, die sangeres en The Voice-aanbieder Karen Zoid, het Lauren welkom geheet by “moederskap”!

 

A photo posted by Karen Zoid (@karen_zoid) on

Maar dit is nie net Francois en Lauren wat opgewonde is oor die nuwe toevoeging tot hul gesin nie. Hul ander “kind” en troeteldier, Ringo, het ook ’n klein suster gekry!

  A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Baie geluk Francois, Lauren en Ringo!

Lees nou:

Glee-ster het ma geword!

Clinton en Trump – kyk net wat eet hulle!

Die wêreld se aansteeklikste treffer is …