FOTO: Facebook The British Monarchy

FOTO: Facebook The British Monarchy

Het jy gehoor?

Foto van Kate en Diana neem die internet oor

’n Onbekende bron het ’n foto wat by prinses Charlotte se doop geneem is gephotoshop sodat dit lyk asof prinses Diana, die prinses se ontslape ouma, ook die geleentheid bygewoon het, berig Daily Mail

1440006541-syn-ghk-1440002105-11816873-10153561639442899-8944636400937703373-n

Die foto het verskillende emosies by die publiek aangewakker. Sommige mense wens dit kon waar wees, terwyl ander dink dit is in swak smaak. Die foto het soos ’n veldbrand oor die internet versprei ná dit op Facebook gedeel is.

Die gemanipuleerde foto van prinses Diana is geneem toe sy Moeder Teresa in 1997 ontmoet het, net twee maande voor haar dood. Moeder Teresa is ses dae ná prinses Di oorlede.

Op 31 Augustus en 5 September onderskeidelik sal dit 18 jaar gelede wees dat hulle gesterf het.

Dink jy dit is in swak smaak om prinses Diana in dié foto in te photoshop?

  • Ja
  • Nee

Bron: Daily Mail

Lees ook