Het jy gehoor?

Foto: Victoria Beckham se ooievaarstee

Die geleentheid is deur haar vriendin Eva Longoria en die celeb-haarkapper Ken Paves gereël. Sy het die foto van haar wat in toiletpapier toegedraai is op Twitter met aanhangers gedeel.

Die partytjie is by Butterfly Bar in Hollywood gehou en al wat ’n ster is was daar, onder andere Nicole Richie, Selma Blair en Demi Moore, berig mirror.co.uk.

Victoria Beckham se ooievaarstee

Die stylvolle mode-ikoon het voor die ooievaarstee getwiet dat hulle haar aangeraai het om iets waterdigs aan te trek. “Ek is nou baie op my senuwees”, het Posh getwiet.

Ná die tyd het sy darem gesê dat sy baie pret gehad het. Sy en haar man, David Beckham, verwag hul babadogtertjie in Julie. Die egpaar het reeds drie seuns, Brooklyn (12), Romeo (9) en Cruz (6).

  • Sandra

    Hoekom lyk die arme vrou dan altyd so sielsongelukkig op fotos?

  • Cathy

    Ja nee, ons moet maar vir haar polyfilla kry ingeval sy dalk sou glimlag en haar gesiggie sou kraak. Selfs by die "Royal Wedding" het sy nie eers ‘n glimlaggie gewys nie. Regtig, sy is pragtig, maar lyk glad nie gelukkig op enige van haar fotos nie.

  • Lilla

    Die arme vrou het seker niks om oor te glimlag nie! Siestog, dit is seker vreeslik moeilik om so ‘n gawe man, 3 pragtige seuns en dan nog ‘n dogtertjie op pad te he! Nie van ‘n stewige bank balans te praat nie. Dinge waaroor die meeste van ons maar net droom. Ek dink Suid-Afrikaanse vroue lag deur dik en dun. Moenie dat die plastiek gesig aansteek nie – glimlag almal.

  • WENDY

    ja jong kan sy glimlag maar baie suur ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,ai ai ….