demi lovato
Het jy gehoor?

FOTO: Vier jou kurwes – Demi Lovato

Die sangeres en aktrise Demi Lovato motiveer vroue om hul rondings te vier, pleks daarvan om dit weg te wens, berig Huffington Post

“Leer om lief te raak vir jou kurwes. Ek het in die verlede myne gehaat, maar toe help ’n spesiale iemand my om my lyf lief te hê,” het die 22-jarige swartkop Saterdag op haar Instagram-blad geskryf.

FOTO: Instagram ddlovato

FOTO: Instagram ddlovato

Demi, wat meer as 18 miljoen volgelinge op dié sosialemedia-platform het, het heelwat positiewe terugvoer gekry: “Danksy jou het ek elke dag ’n bietjie meer selfvertroue. Ek is só lief vir jou,” het een aanhanger geskryf.

Demi steur haar min aan kritici wat meen haar uitrustings is te waaghalsig: “Ek wys meer lyf, want ek het hard gewerk vir dié lyf,” het sy op haar Twitter-blad geskryf. Duidelik aanvaar sy haarself net soos sy is.

FOTO: Instagram  ddlovato

FOTO: Instagram ddlovato

Aanvaar jy jou kurwes?

  • Ja
  • Nee

Bron: Huffington Post

Lees nou