Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop 
FOTO: Instagram  kensingtonroyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop FOTO: Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

FOTO: William en Kate dra eenderse baadjies

Alle oë was op William en Kate wat oor die naweek eenderse baadjies gedra het. Hulle het die America’s Cup World Series in Portsmouth in Engeland bygewoon, berig Hello!.

Die bootresies is egter weens swaar reën en wind uitgestel, maar die hertog en hertogin van Cambridge het reg aangetrek vir die geleentheid.

Britanje se Land Rover BAR-span het seker gemaak dat die koninklike paartjie nie met leë hande huis toe gaan nie. Hulle het kleiner weergawes van dié baadjies aan Kate oorhandig. ‘Prins George’ en ‘prinses Charlotte’ was onderskeidelik agter op die kledingstukke gedruk. 

En ons het gedink dié gesin kan nie nog meer perfek raak nie …

Bron: Hello!

Lees ook