FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Sóveel het George Clooney en Amal se troue gekos + FOTO van hul troukoek

Ons almal weet troues is duur, en George en Amal se troue in Venesië was geen uitsondering nie, inteendeel; dit het glo miljoene gekos.

People berig dié paartjie se troue in Venesië, die kos en wyn vir hul troudag én vir die hele naweek se feesvieringe het hulle sowat $1.6 miljoen (byna R18 miljoen) uit die sak gejaag.

Vorige berige het die troue en feesvieringe tussen $5 – $13 miljoen (R56 – 145 miljoen) geskat, maar blykbaar was hulle troue nie só duur nie. Dit wil ook voorkom of die paartjie die meeste rekeninge self betaal het.

Waarop hulle wel gespaar het, is die drankrekening. George en Cindy Crawford se man, Rande Gerber, is besigheidsvennote van ’n tequila-maatskappy, Casamigos. Daar is glo 100 kiste van dié drank uit Amerika gevlieg vir die feesvieringe.

Nuuskierig oor hoe die koek gelyk het wat akteur George en Amal by hul troue gesny het?

Dit was omtrent ’n koek wat jy nie kon mis kyk nie!

Dié sjokoladekoek met sy goue versiersels is volgens Stuff.co.nz deur die Italiaanse bakkery Ramperti  gemaak – ’n baie gewilde bestemming vir koekliefhebbers. Die versiersels op die koek is ontwerp om soos die frescoes in die vertrek waar die onthaal gehou was, te lyk.

Bronne: Stuff.co.nz en People