FOTO: Kristi Agier

FOTO: Kristi Agier

Het jy gehoor?

FOTO’S: 10 bekendes wat binnekort trou

Daar is behoorlik troukoors onder bekendes! Ons is mal oor celeb-troues en sien baie uit na dié 10 troues!

1. Die aktrise Kim Cloete en Loukmaan Adams, die bekende komediant, het die naweek verloof geraak.

FOTO: Facebook  Loukmaan Adams

FOTO: Facebook Loukmaan Adams

2. Binnelanders se Leandie du Randt en die sanger Bouwer Bosch trou in November. Hulle het einde verlede jaar verloof geraak ná ’n lang vriendskap.

Leandie en Bouwer by 'n piekniek-troue FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Leandie en Bouwer by ‘n piekniek-troue
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

3. Ons eie Mej. Wêreld, Rolene Strauss, en D’niel Strauss, ’n sakeman van Stellenbosch, het in Julie hul verlowing aangekondig. Skindertonge bespiegel dat hulle in Desember trou – sodra haar termyn as Mej. Wêreld verby is.

4. Ryk Neethling en Sahar Biniaz is ook op pad kansel toe. Kyk net die reuse-diamantring aan haar vinger!

ryk neethling lees nou blocks

5. Trouklokkies lui ook vir die bekende aktrise Rolanda Marias en regisseur Jozua Malherbe.

6. Ons het vroeër vanjaar eksklusief die rugbyspeler Jan Serfontein en sy verloofde Lani Scholtz se verlowingsfoto’s gedeel. Hulle het in Mei verloof geraak.

7. Aktrise Angelique Gerber en rugbyspeler Jacques Potgieter het ook onlangs besluit om te trou.

Angelique en  Jacques Potgieter FOTO: verskaf

Angelique en Jacques Potgieter
FOTO: verskaf

8. Die een troue waarna ons verskriklik baie uitsien is die eksentrieke sangeres Lady Gaga en akteur Taylor Kinney s’n! Ons kan ons net voorstel waarmee Gaga in die paadjie gaan afstap.

FOTO: Instagram  @taylorkinney11

FOTO: Instagram @taylorkinney11

9. Die Modern Family-aktrise Sofia Vergara en die akteur Joe Manganiello deel gereeld voorsmakies van hul groot dag op sosiale media. Hulle trou op 22 November vanjaar.

10. Die Cougar Town-aktrise Courteney Cox en Johnny McDaid, wat in die musiekgroep Snow Patrol is, is al meer as ’n jaar verloof. Ons wonder of Jennifer Aniston haar strooimeisie sal wees. (Courteney was Jennifer se strooimeisie by haar troue verlede maand.)

Lees ook