Mary-Kate en Ashley Olsen
Het jy gehoor?

FOTO’S: 5 voormalige kindersterre wat steeds ryk is

My First Class Life berig dat dié vyf voormalige kindersterre steeds ryk is alhoewel hulle nie regtig meer op hul oorspronklike loopbane fokus nie.

Die Olsen-tweeling wys dat twee koppe werklik beter as een is! Saam is hulle $300 miljoen werd. Mary Kate en Ashley (28) het die meeste van hul geld met ’n string kinderflieks in die vroeë 1990’s gemaak.

Mary-Kate en Ashley Olsen

 

Meer as ’n dekade ná hulle is Justin Bieber (21) op YouTube ontdek en het hy oornag ’n pop-sensasie geword. Alhoewel hy nie die afgelope paar jaar nuwe musiek uitgereik het nie, het dié stoutseun steeds $200 miljoen op sy naam.

 

Nes Justin, haal Miley Cyrus (22) selde koerantopskrifte oor haar musiek en eerder oor haar streke. Sy het $150 miljoen tot haar beskikking.

 

Maar gelukkig hoef nie almal te twerk of hul tong uit te steek om geld te maak nie. Daniel Radcliffe het gehore as Harry Potter betower. Hy het $110 miljoen in die bank.

En danksy die Harry Potter-flieks het ons ook Hermione Granger, oftewel Emma Watson, leer ken. Dié 24-jarige brunette het $60 miljoen om te blaas.

Emma Watson

Lees volledige storie HIER.

Bron: My First Class Life

Lees ook