FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

Het jy gehoor?

FOTO’S: 5FM se Nicole Fox en haar gesin!

Agt jaar gelede het die voormalige 5FM-radio-omroeper, Nicole Fox, haar lewe in Suid-Afrika vir die kosmopolitiese stad Lagos in Nigerië verruil. Maar ná al die jare bly sy stééds trots Suid-Afrikaans.

“Ek sal altyd lief bly vir Suid-Afrika! Ek mis my land, veral die natuurskoon, buitelewe, mense en kultuur. Ek mis ook my vriende en familie. Maar gelukkig voel Lagos nou ook soos huis,” het Nicole aan SARIE.com vertel.

Nicole bly saam met haar man, Ramzi Mansour, en hul oulike seuntjie, Deen, in Lagos. 

“Daar is soms uitdagings om jou kind in die buiteland groot te maak. Maar Deen het letterlik vriende van die wêreld oor. En hy word blootgestel aan soveel kulture en tale, dis net ongelooflik.”

Tog maak Nicole ook ’n poging om gereeld Suid-Afrika vir kleine Deen te wys. En verlede Desember het hulle ’n Kaapse Kersfees gehou.

“Ons het baie tyd in Kirstenbosch en in die rotspoele van Kampsbaai deurgebring. Dit was ’n heerlike feestyd saam met familie en vriende.”

Vir Nicole is dit belangrik om elke oomblik vas te vang. En Desember het sy besluit om gesinsfoto’s saam met die fotograaf Alda Smith van Love Alda te neem.

“Ek word vanjaar veertig en het dit sommer as ’n goeie verskoning gebruik om hierdie foto’s te laat neem. Ons gesin gaan my veertigste verjaardag op die Maledives vier. Dis een van my gunsteling-plekke op aarde!”

Kyk na hul pragtige foto’s

Nicole en haar seuntjie, Deen FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

Nicole en haar seuntjie, Deen
FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

Ramzi en Deen. FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

Ramzi en Deen
FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

Nicole en haar man, Ramzi. FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

Nicole en haar man, Ramzi
FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf

DSC_8511

Nicole en haar seuntjie, Deen 
FOTO: Love Alda, ’n Nikon-geassosieerde fotograaf