Het jy gehoor?

FOTO’S: Adam toer in Europa

Die gewilde Afrikaanse musiekgroep Adam het onlangs in Amsterdam en Londen opgetree. Reynardt Hugo vertel meer hieroor aan SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé. 

Adam, wat bestaan uit Reynardt, Hugo Ludik en Kyle Grant, is nie onbekend in Nederland nie. Hul treffer “Say what you want” is daar baie gewild en speel op byna 30 radiostasies.

Daar was selfs ’n Nederlandse aanhanger, Jacqueline, wat vir 4 ure per trein gery het om hul vertoning by te woon.

“Afrikaans en Nederlands klink dalk baie eenders, maar die kultuur verskil is só groot dat hulle meer aanklank vind by ons Engelse musiek,” meen Reynardt. In Londen was die gehoor meestal Suid-Afrikaans.

Hugo se broer, die akteur en sanger Stefan Ludik, se musiekgroep, Elvis Se Seun, het saam getoer en konserte van hul eie gehad.

Hulle kon darem so tussendeur die vertonings ook bietjie vakansie hou.

Blaai deur hul foto-album:

Op die trein na Amsterdam van Frankfurt.

Die Damplein in Amsterdam.

"Ons het omtrent by elke kroeg ingestap en 'n bier gedrink. Hierdie was saam met 'n 'local' van Amsterdam en Stefan (van Elvis Se Seun)."

Hugo voor 'n gedeelte van die Amstel-rivier in Amsterdam.

Altyd tyd vir 'n selfie.

Tydens 'n radio-onderhoud by die Nederlandse stasie LocoFM .

Voor hul hotel in Amsterdam.

Nederlandse aanhangers Jacqueline en haar vriendin. Sy het 4 ure per trein gery om die vertoning by te woon. Sy het per ongeluk Adam se musiek op Youtube ontdek.

Voor hul optrede by Club Lite. Hier is dit reeds 22:00 en nog nie donker nie.