Het jy gehoor?

FOTO’S: Adeline Mocke smeul in haar nuwe musiekvideo

Adeline het in ons harte gekruip as SA Idols-finalis in 2010. Dié blondekop met die engelstem woon al drie jaar in Amerika waar sy pas haar nuutste musiekvideo geskiet het saam met van Hollywood se bestes.

Sy het eers in New York gewoon, maar net ná ’n jaar Los Angeles toe getrek waar sy net tien minute van Hollywood-boulevard af woon.  “Dit voel soms of ek in ’n fliek leef wanneer ek my koffie by Lamill Coffee Shop gaan koop, en bekende akteurs langs my sien,” vertel sy aan SARIE.com.

Adeline moes vir die eerste ruk daar vir lesse gaan om in ’n Amerikaanse aksent te leer praat. Ná vyf lesse by Denise Woods, wat ook al vir Will Smith gehelp het met sommige van sy flieks, het sy selfs haar bestuurder geflous. “Ek het besef dat mense my anders begin hanteer omdat ek nou ’n American is.” Maar sy hou steeds meer van ons Suid-Afrikaanse aksent!

Sy het tot onlangs meer modelwerk gedoen, maar wil nou weer op haar musiek begin fokus. Sy het onder meer die gesogte Amerikaanse Miss Swimsuit-kompetisie gewen en danksy prestasies soos dié kon sy ’n groenkaart kry. Maar nou wil sy weer begin sing.

“Ek voel in my hart meer ’n passie vir musiek, maar ek sal nooit vergeet dat my modelwerk my gehelp het tot waar ek nou is nie.”

Haar eerste album in Amerika word tans opgeneem en hulle het reeds ’n musiekvideo geskiet vir die liedjie All of Me. Die album sal voor die einde van die jaar in Suid-Afrika ook bekend gestel word.

Die video is in die Malibu-bergreeks geskiet. Sy speel daarin saam met die akteur William Mann.

Ek het ’n fantastiese span wat saam met my gewerk het aan my musiekvideo.

Die regisseur van die video, Noel Maitland, het ook al saam met musikante soos The Backstreet Boys, Joshua Butler en Maroon 5 gewerk. Sy assistent was Anna Newell.

Adeline se kostuumontwerper, Dagmarette Yen, het op die stel van die gewilde reeks Mad Men gewerk en het ook al kostuums gemaak vir van Nicki Minaj en Beyoncé se musiekvideo’s. Dagmarette het ook pas Channing Tatum se kostuums vir Magic Mike XXL ontwerp.

Robert Lang van die Daily Mail het dié smeulende foto’s geneem op die stel van All of me. Hy is ’n modefotograaf vir Fashion Week in New York, London, Paris en Paris Haute Couture.

Adeline se grimering is gedoen deur Alexia Castillo.

Ons kan nie wag vir dié musiekvideo nie! Hier is solank ’n voorsmakie: 

FOTO: Robert Lang

FOTO: Robert Lang

FOTO: Robert Lang

FOTO: Robert Lang

FOTO: Nilo Juaneza, Dagmaretta Yen, Adeline Mocke, Alexia, Noel met die kamera, Anna Newel. Heel regs: Robert Lang. En voor onder: William Mann.

FOTO: Robert Lang

FOTO: Robert Lang

FOTO: Robert Lang

FOTO: Robert Lang

Volg Andeline op Facebook, Twitter of Instagram om op hoogte te bly van wat sy alles in die VSA doen.