FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

FOTO’S: Agter die skerms by Kurt se seerower-musiekvideo

Kurt Darren se nuutste album Seerower is eersdaags op die rakke. Hy het gister in die Kaapse V&A Waterfront die musiekvideo vir die titelsnit geskiet. Hier is die agter die skerm-foto’s.

Kurt het in die Kaap sy nuwe musiekvideo geskiet. Vir dié musiekvideo moet Kurt ’n vrou van seerowers red. Die video is geskiet op ’n bekende skip in die Kaapse Waterfront se hawe.

Hy het foto’s van die agter die skerm-aksie op sy Twitter-blad gedeel.

Kurt het vandag op Facebook gesê dat hy uitgeput is ná die opname. “Het gister my lyf waaghals gehou in die kaapse see, lekker eina vandag, gaan maar die dag afvat, wil ordentelik toer met hierdie cd!!! Liefde.”

Kurt Darren

Kurt se nuwe album is binnekort op die rakke.

Kurt se oog is blykbaar nog nie heeltemal herstel ná sy motorongeluk vroeër die jaar nie, en hy dra steeds ’n oogklap terwyl hy optree.

Kurt praat oor sy ongeluk – klik hier