Het jy gehoor?

FOTO’S: Agter die skerms met Diaan en Desiré

7de Laan en Binnelanders. Paula en Daleen. Noem dié SA sepies en hul sterre anders; noem hulle eenders. Maar een ding is seker, aktrises Diaan Lawrenson en Desiré Gardner het al lank die land en sy kykers in die palm van hul hand. In ons Augustus-uitgawe is hulle in ons kollig – vir die eerste keer sáám.

Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale redakteur het die volgende te sê oor die dag van die fotosessie:

“Dit was besonder lekker om met Desiré te kon werk. Dit was haar eerste fotosessie met SARIE en sy bring ʼn nuwe energie wat verkwikkend en uniek is. Sy is ʼn ware aktrise in murg en been en sy het die voorblad-shoot soos ʼn rol aangepak. Ek dink sy is ʼn aantreklike vrou met fassinerende kwaliteite in haar gesig: onskuldig, weerloos en sterk. ’n Mens kyk na haar en kyk om weer te kyk.

Diaan is net eenvoudig asemrowend. Vandat ons haar die eerste keer afgeneem het is ek eenvoudig versot op haar. Haar superster-kwaliteite is onmiskenbaar en sy het saam met SARIE gegroei. Gesofistikeerd, jonk in haar wese en met hope talent.

Ek het geweet hier is ʼn voorblad wat gaan aandag trek. Ons wou die stilering vars, modern en tydloos hou.”

Hier is ’n kykie agter die skerms

Alles staan reg vir die voorblad-fotosessie
FOTO: Phyllis Green

Die grimeerborsels om Diaan en Desiré voorblad-mooi te maak
FOTO: Phyllis Green

Desiré en Diaan smeul voor die kamera
FOTO: Phyllis Green

Grimeerkunstenaar Renton Wade maak seker Desiré en Diaan lyk op hul beste
FOTO: Phyllis Green

Desiré en Diaan deel 'n ligte oomblik
FOTO: Phyllis Green

"Die voorbladsessie was ’n ongelooflike voorreg, nie net om op SARIE te wees nie – maar om op die NUWE SARIE te wees." - Desiré
FOTO: Phyllis Green

"Al was Desiré bietjie siek, was sy ongelooflik professioneel en ’n ware “trooper”." - Diaan
FOTO: Phyllis Green

Fanie maak seker Desiré lyk perfek vir die foto's
FOTO: Phyllis Green

Desiré lyk só natuurlik voor die kamera
FOTO: Phyllis Green

"Hierdie is definitief een van die tydskrifte wat ek gaan bêre sodat ek dit eendag vir my kleinkinders kan wys." - Desiré
FOTO: Phyllis Green

Perfekte foto van Desiré
FOTO: Phyllis Green

Diaan en Desiré is albei beeldskoon voor die kamera
FOTO: Phyllis Green

"Ons het verskriklik lekker saam gelag. Pret is die geheim tot groot sukses!" - Diaan
FOTO: Phyllis Green

"Ek en Diaan het só lekker gelag, en sy is ’n groot inspirasie en iemand na wie ek opkyk in die vermaaklikheidsbedryf." - Desiré
FOTO: Phyllis Green

"Ons Augustus-uitgawe spog met ’n splinternuwe sexy logo, en 2 gesigte op die voorblad: twee SA sterre wat nog nooit voorheen saam afgeneem is nie en toe sommer dadelik voor ons kamera gekliek het." - SARIE redakteur Michélle van Breda
FOTO: Phyllis Green

Diaan lyk fantasties vir die fotosessie
FOTO: Phyllis Green

"Wow! Wat ’n absolute voorreg om deel van SARIE se nuwe voorkoms te wees. Die nuwe mashoof is vars, modern en tydloos. Viva SARIE Tydskrif!" - Diaan
FOTO: Phyllis Green

Haarstilis Renate Willems maak Diaan se hare mooi vir die fotosessie
FOTO: Phyllis Green