FOTO: Instagram @kaleycuoco

Het jy gehoor?

FOTO’S: Aktrise Kaley Cuoco emosioneel toe sy haar ‘ster’ kry

Die Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco het bekend geraak in die TV-reeks 8 Simple Rules waarin wyle John Ritter haar pa gespeel het. En toe sy sien dat haar ster op die Hollywood Walk of Fame naby syne is, het sy aangedaan geraak.

Die 28-jarige aktrise het pragtig gelyk in ’n pienk Monique Lhuillier-rok toe sy haar ster ontvang het.

Maar buiten vir dié groot eer, was dit ’n emosionele dag vir Kaley omdat haar ster naby haar TV-pa John Ritter, wat skielik in 2003 oorlede is, s’n geleë is – iets waaroor sy baie bly en dankbaar is.

51cIaS7BvCL._SY300_

Kaley het in die verlede aan Huffington Post genoem dat John haar liefde vir komedie aangewakker het.

Kaley is byna ’n jaar getroud en haar man, die tennisspeler Ryan Sweeting, asook haar mede-sterre van Big Bang Theory was daar om haar te ondersteun. Kaley het in haar toespraak gesê:

“Aan my man Ryan, wat al my Kaley-dae moet hanteer, jy het geen idee hoe lief ek vir jou is nie. Vandag sou nie dieselfde gewees as ek dit nie met jou kon deel nie.”

Kaley en haar man, Ryan FOTO: Instagram @kaleycuoco

Kaley en haar man, Ryan
FOTO: Instagram @kaleycuoco

Bron: E! Online, Huffington Post