Kaley het nie lank haar lang bob gehad voordat sy dit nóg korter gesny het nie
FOTO: Instagram  @normancook

Kaley het nie lank haar lang bob gehad voordat sy dit nóg korter gesny het nie FOTO: Instagram @normancook

Het jy gehoor?

FOTO’S: Aktrise Kaley Cuoco sny haar hare kort

The Big Bang Theory-aktrise Kaley Cuoco het onlangs haar hare in die gewilde lang bob-styl gesny. Maar dit was net die begin. Nou is haar blonde kapsel nóg korter in ’n lang pixie-styl.

Kaley, wat onlangs getrou het, het in Februarie die trend gevolg om haar hare in die lang bob te sny – soos baie ander aktrises. Maar nou het sy selfs ’n stap verder gegaan. Sy het haar hare nou in ’n pixie-styl gesny.

Haar pixie is ietwat langer as die ikoniese pixie-haarstyle van Audrey Hepburn en Twiggy, met haar kuif wat skuins oor haar voorkop hang.

FOTO: Pamela Anderson se hare ook in ’n pixie-styl

Sy het ’n foto van haar nuwe haarstyl op Instagram gedeel en bygeskryf dat dit haar Peter Pan-persoonlikheid na vore bring.

Haar haarkapper Christine Symonds het ook op dié sosiale netwerk ’n foto van haar kort hare gedeel.

Sy is een van die hoogs betaalde aktrises op die kassie en Kaley se styl begin al hoe groter invloed hê op die trends. Ons wonder of die pixie die volgende groot haarstyl gaan word …

Wenke vir ’n pixie-haarstyl

  • Sny jou hare met tekstuur en los langer stukkies om jou ore en in jou nek. Mans se hare word stomper gesny

  • Pasop vir ore wat te “oop” gesny word, want dit kan jou ouer, harder en onnodig konserwatief laat lyk

  • Goeie produkte is van kardinale belang. Gebruik liefs minder as te veel – ’n ertjiegroot druppel haarwaks vir baie kort hare en ’n haselneutgrootte vir langer hare

Addisionele bron: Huffington Post