Of the Earth Photography

Het jy gehoor?

FOTO’S: Aletté Winckler se swangerskap-fotosessie

Aletté-Johanni Winckler is 33 weke swanger met haar en Heinz se derde seun. Dié foto’s is deur Of the Earth Photography geneem.

Heinz en Aletté se Lian (3) en Simeon (1) gaan nog ’n boetie ryker word, Reuben Jacques. Dié gesin is ook van plan om Johannesburg te verruil vir Somerset-Wes.

Sy skryf op haar Facebook-blad: “Ná baie aanmoediging van die Here se kant af het ons besluit dis tyd dat ons ons derde kleinding in die Kaap grootmaak. Daar is baie oorwegings waarvan die lewenskwaliteit baie hoog op ons lys is … ”

Sy gaan ook weer binnekort ’n blog op SARIE.com publiseer. Hou ons webtuiste gereeld dop!

KLIK HIER vir Aletté se vorige blogs

Klik HIER vir nóg foto’s.