kate en william
Het jy gehoor?

FOTO’S: Alles wat jy van Prinses Charlotte se doop móét weet

Prinses Charlotte, William en Kate se  twee maande oue dogtertjie, is Sondag gedoop, berig E! Online

Dit is die eerste keer dat William en Kate saam met hul twee kinders in die openbaar afgeneem is.

FOTO: Facebook The British Monarchy

FOTO: Facebook The British Monarchy

Kate het gestraal in ’n Alexander McQueen-ontwerpersrok en bypassende baadjie.

Prins George het kostelik gelyk in ’n rooi kortbroekie van Rachel Riley. William het volgens Hello! in 1984 ’n soortgelyke uitrusting gedra toe hy sy boetie, Harry, vir die eerste keer ontmoet het.

Harry was nie by die doop van prinses Charlotte nie. Hy is tans in Afrika om te werk aan ’n veldtog om die bewaring van diere te bevorder.

E!Online berig die volgende mense is as prinses Charlotte se peetouers aangewys:

  • Adam Middleton: Kate se neef.
  • Sophie Carter: Vriendin van Kate.
  • Laura Fellowes: William se niggie en dogter van Diana se suster.
  • James Meade: Skoolvriend van William.
  • Thomas van Straubenzee: Skoolvriend van William.

Een van die eerste gesinsfoto’s van die koninklike gesin:

Prins George loer na sy sussie in haar vintage Millson-stootwaentjie.  

Prinses Charlotte ná haar doop by die St. Mary Magdalene-kerk in Sandringham.

Princess Charlotte after her christening at St Mary Magdalene Church today. © Press Association

A photo posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

Kate en haar dogtertjie lyk só mooi.

 

Bronne: E! Online en Hello!

Lees nou