Het jy gehoor?

FOTO’S: Alles wat mal is se voorvertoning

Die nuwe Afrikaanse film Alles wat mal is spog met groot name soos Erica Wessels, Louw Venter, Christina Storm, Jacques Bessenger, Elzette Maarschalk, Jana Strydom en Richard Van Der Westhuizen.

Dié fliek het onlangs ’n voorvertoning by die Tygervallei-winkelsentrum gehad en die reaksie op dié fliek was baie positief. Dié fliek se regie is deur die Oscar-benoemde Darrell James Roodt (Yesterday, Sarafina) behartig en is basseer op ’n kortverhaal van Deon Meyer. Die span wat Semi Soet geskryf het (Sandra Vaughn en Corine Du Toit) is ook verantwoordelik vir die draaiboek. Aktrise Hanlie Rolfes het ook tot die draaiboek bygedra.

Deon Lotz en sy seun Liam

Deon Lotz en sy seun Liam

Erica Wessels was op krukke ná sy haar knie seergemaak het toe sy op 'n nat sypaadjie gegly het

Erica Wessels was op krukke ná sy haar knie seergemaak het toe sy op ‘n nat sypaadjie gegly het

milan murray justine krige

Milan Murray en Justine Krige, vrou van die voormalige Springbokkaptein Corné Krige

alles wat mal is

Neels van Jaarsveld en sy vriendin Jeanne Flynn

Neels van Jaarsveld en sy vriendin Jeanne Flynn

Waaroor gaan Alles wat mal is?

Helena Joubert (Erica Wessels) het haarself verloor. Iewers tussen haar varsity-kys, die ja-woord en twee woelwater-seuntjies, het die Helena wat sy ken verdwyn. Sy en haar man, Gustav, se passievolle verhouding het plek gemaak vir ’n permanente skietstilstand. Die eens uitgelate, ongeïnhibeerde meisie van haar jongdae is nou net tartende foto’s teen die muur en haar joernalistieke drome het plek gemaak vir sporadiese artikels in nietige publikasies. Hoe het dit gebeur dat haar lewe so klein geword het? Hoe het dit gebeur dat haar enigste vriendin en vertroueling haar huishulp Miriam is?

Alles begin verkeerd loop in Helena se lewe. Die chaos bereik uiteindelik breekpunt en Helena se uitdagende alter ego maak haar verskyning en besluit om in te gryp. In die proses ontdek sy ʼn stukkie van haar ou self, ʼn stukkie wat lankal smeek om aandag. Sy durf verskeie nuwe eksentrieke avonture aan kompleet met Miriam en die twee woelwaters op sleeptou. Haar bittersoet konklusies deel sy met haar “Alles wat mal is”- bloglesers, maar nie almal stem saam met haar vreemde projekte nie. . .