Het jy gehoor?

FOTO’S: Anders se Wynand en Lindi wys hul swangerskapfoto’s

Die gewilde sangpaar Wynand en Lindi Delport, wat ook bekend staan as die musiekgroep Anders, verwag hul eersteling. 

Wynand en Lindi se dogtertjie, Karmin, sal vroeg in November haar opwagting maak. Hulle is albei rasend opgewonde om haar te ontmoet. Wynand is só opgewonde dat hy reeds vir haar ’n liedjie, “Lullaby”, geskryf het. Dit is op hul nuutste album, #EkOnthou, wat verlede maand bekend gestel is.

“Die album gaan oor die herinneringe wat ons as getroude paartjie opgebou het, maar ook as individue – mense sal daarmee kan identifiseer omdat dit universele betekenis het,” sê Lindi in ’n verklaring.

Hulle deel die foto’s van hul spesiale swangerskap-fotosessie met SARIE.com.

FOTO: Carlien Haywood van JC Click Fotografie

FOTO: Carlien Haywood van JC Click Fotografie

FOTO: Carlien Haywood van JC Click Fotografie

FOTO: Carlien Haywood van JC Click Fotografie

FOTO: Carlien Haywood van JC Click Fotografie

Lees ook