Anel Alexander FOTO: Gloria Cilliers

Het jy gehoor?

FOTO’S: Anel Alexander by Duitse rolprentkursus

Anel Alexander het die afgelope tien dae skouers geskuur met van die wêreld se voorste rolprentmakers en akteurs by die jaarlikse Berlin Talents-rolprentkursus.

Anel en die regisseur John Trengrove is die enigste Suid-Afrikaners wat dié jaar gekeur is om die gesogte week lange kursus in Berlyn by te woon.

Lees hier wat Anel voor haar vertrek na Duitsland te sê gehad het.

Anel, wat bekend is vir haar rolle in Afrikaanse flieks soos Semi-soet, Klein Karoo en Faan se trein, het op Twitter gesê sy is nou sommer van voor af verlief op flieks maak. Sy het die kursus in haar hoedanigheid as aktrise en rolprentvervaardiger bygewoon.

Anel het die afgelope week ’n rolprentkursus in Berlyn, Duitsland, bygewoon. FOTO: Twitter

Anel is van voor af verlief op flieks maak nadat sy ’n rolprentkursus in Berlyn, Duitsland, bygewoon het. FOTO: Twitter

Anel en twee ander kursusgangers - in die middel sit Anthony Chen. Hy is verlede jaar by die Cannes rolprentfees aangewys as beste regisseur. FOTO: Twitter

Anel en twee ander kursusgangers – in die middel sit Anthony Chen. Hy is verlede jaar by die Cannes-rolprentfees aangewys as beste regisseur. FOTO: Twitter

Dié kursus val elke jaar in dieselfde tyd as die Berlynse rolprentfees, een van die wêreld se vyf grootste rolprentfeeste. Anel was baie opgewonde om dié fees by te woon en meer te leer oor die rolprentbedryf.

Sy het op Valentynsdag besluit om haarself te bederf met ’n fliekkaartjie by een van dié stad se oudste fliekteaters, aangesien haar man, James, die dag nie met haar kon deel nie.

Dié bekendes was nie op Valentynsdag bymekaar nie

In een van Berlyn se oudste rolprentteaters. FOTO: Twitter

In een van Berlyn se oudste rolprentteaters. FOTO: Twitter

“Ek wil ook sien wat in die res van die wêreld gebeur; hoe kry iemand van Brasilië hul rolprente daar buite?” het Anel voordat sy Duitsland toe is vir SARIE.com gesê.