angelina-jolie-pitt-november-2015-cover
Het jy gehoor?

FOTO’S: Angelina Jolie en haar gesin in pragtige ‘Vogue’-fotosessie

Die aktrise Angelina Jolie is op die voorblad van die November-uitgawe van die modetydskrif Vogue. Sy en haar pragtige gesin het in ’n intieme fotosessie vir die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz geposeer.

FOTO: Annie Leibovitz

FOTO: Annie Leibovitz

In die een foto hardloop sy en die kinders op die strand en op ’n ander foto poseer die hele gesin, insluitend Brad Pitt, op motorfietse.

FOTO: Annie Leibovitz

FOTO: Annie Leibovitz

Angelina gesels in die onderhoud oor hul nomadiese leefstyl. Sy en Brad en hul ses kinders, Maddox, Pax, Zahara, Shiloh, Knox en Vivienne, reis gereeld na Afrika, Europa en Asië, berig Huffington Post.

Dit is vir haar belangrik dat haar kinders hul eie, en mekaar, se geboortelande ken en respekteer. Zahara is in Ethiopië gebore en Maddox en Pax in Suid-Oos Asië. Hoewel Shiloh hul biologiese dogter is, is sy in Namibië gebore.

Screen Shot 2015-10-19 at 9.46.11 AM

FOTO: Annie Leibovitz

Angelina speel in haar nuutste fliek, By the Sea, wat sy self geskryf en vervaardig het, die hoofrol teenoor Brad. Hulle vertolk ’n paartjie wat deur diep waters gaan in hul huwelik. Hoewel sy erken hulle het ook soms probleme, is dit ander probleme as in die fliek. Sy sê dit sou nie vir hulle moontlik wees om hul eie probleme in ’n fliek uit te beeld nie.

Hier is die lokprent van By the Sea:

Klik HIER om die res van die foto’s te sien

Lees ook