Angelina Jolie
Het jy gehoor?

FOTO’S: Angelina Jolie se ewebeeld

Angelina Jolie se ewebeeld het die internet aan die gons! Met haar vol lippe en donker hare lyk die model Veronika Black op ’n haar na dié bekroonde aktrise, berig Daily Mail.  

Veronika, 27, het in 2011 haar eerste lip-aanvuller gekry en sedertdien word sy gereeld aangesien vir die Mr. & Mrs. Smith-ster.

FOTO: veronikablack88 (Twitter) / Gallo Images / Getty Images

FOTO: veronikablack88 (Twitter) / Gallo Images / Getty Images

 

“Dit het oornag gebeur. Ek was ’n winkel-assistent en net ’n gewone meisie agter die kasregister, en toe het mense my skielik begin verwar met Angelina Jolie.”

Maar die donkerkop was nie altyd gelukkig met haar voorkoms nie. In haar ongemaklike tienerjare het boelies haar geterg oor haar kroeshare en ekstra gewig.

Veronika vertel sy is nog op soek na háár Brad Pitt. Sy verkies ’n ouer man met stoppels, maar sy vermoed haar voorkoms intimideer mans.

Bron: Daily Mail

Lees ook