Het jy gehoor?

FOTO’S: Angelina se juwelereeks nóú te koop

The Style of Jolie is ‘n beperkte uitgawe-juwelereeks en gaan vir ‘n maand in twee van die wêreld se luukste hotelle vertoon en verkoop word: Die Grand Hotel du Cap Terrat in die suide van Frankryk en in Monaco se Hotel de Paris vanaf 15 Julie 2012 tot 15 Augustus 2012. Die reeks is saam met Robert Procop ontwerp. Hy het ook die Jolie-Pitt-verloofring (van sowat $250 000) ontwerp

Dit gaan sorg dat die publiek na ‘n reeks kan kyk wat andersins net per private afgespraak gesien kan word. Van dié pragstukke sluit die traanvormige smarag-oorbelle (sien foto) wat Angelina na die Oscars in 2009 gedra het, in. En goeie nuus is dat van die fondse aan die Education Partnership for Children in Conflict-trust geskenk sal word om ‘n skool in Afganisthan te bou.

Angelina Jolie se The Style of Jolie-reeks

Angelina Jolie se The Style of Jolie-reeks