FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

FOTO’S: Angelique Gerber kuier by nuwe vriend in Australië

Die aktrise en TV-aanbieder Angelique Gerber het moontlik weer liefde gevind nadat sy in Februarie aangekondig het dat sy en haar man, Ben-G, gaan skei. Sy het vroeër die maand met SARIE.com oor haar nuwe vriendskap met rugbyspeler Jacques Potgieter gepraat.

Angelique en Jacques het vir die eerste keer saam in die publiek verskyn by die Tempo-toekennings vroëer die maand, en die dag voor dié geleentheid het Angelique aan SARIE.com gesê dat sy baie opgewonde is oor dié vriendskap.

“Ek is mal oor hom! Hy is ’n fantastiese mens en baie spesiaal … Maar dis ’n moeilike situasie – hy bly in Australië…”

Angelique het vir Jacques in Australië gaan kuier en dié foto’s op haar sosiale media gedeel. By een van die foto’s het sy geskryf: “Getting to know you, is exhilarating

FOTO: Instgram  @angeliquegerber38

FOTO: Instgram @angeliquegerber38

FOTO: Instgram  @angeliquegerber38

FOTO: Instgram @angeliquegerber38

FOTO: Instagram @jacquespotgieter7

Jacques skryf by dié foto: “Love spending time with this girl!” FOTO: Instagram @jacquespotgieter7

Sy en Jacques het ontmoet toe hy vroeër vanjaar in Suid-Afrika was vir wedstryde teen onder meer die Leeus en die Stormers.

Lees die volledige onderhoud met Angelique HIER

“Hy is die soort ou wat die ekstra myl sal loop. Hy doen baie moeite vir almal wat hy ken; hy hanteer almal dieselfde en met respek. Dis vir my sy mooiste eienskap.”

Angelique en die man wat haar weer hoop gegee het - Jacques Potgieter FOTO: verskaf

Angelique en die man wat haar weer hoop gegee het, Jacques Potgieter.
FOTO: verskaf

“Ek het nou weer nuwe hoop dat daar regtig goeie ouens is,” het sy in haar onderhoud met SARIE.com uitgewei. “En as dit gebeur dat ek en Jacques bymekaarkom, sal dit goed wees. Maar ons vat dit baie stadig. Ek is nog te bang en daar is sekere goed in my hart wat nog eers gesond moet word. Dit sal onregverdig teenoor hom wees as ek nie my hart eers gesond kry nie.”

Angelique Gerber en die rugbyspeler Jacques Potgieter FOTO: verskaf

Angelique Gerber en die rugbyspeler Jacques Potgieter
FOTO: verskaf