FOTO: Deon van Wyk

Het jy gehoor?

FOTO’S: Angelique se rokke!

Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Angelique Gerber se eie aandrok- en swemklere-reeks is onlangs bekendgestel. Hier is die foto’s van die bekendstelling van haar reeks, Angelique Gerber Red Carpet.

FOTO: Deon van Wyk

FOTO: Deon van Wyk

Die Angelique Gerber Red Carpet-reeks word beskryf as ontwerpe wat modern, trendy en waaghalsig is.

Lees hier meer oor die inspirasie vir Angelique se reeks

FOTO: Deon van Wyk

FOTO: Deon van Wyk

Angelique vertel meer oor haar rokke

  • Die rokke is uniek – in elke rok is daar spesiale steentjies in die vorm van die Hebreeuse simbool vir die liefde.
  • Die rokke is baie modern – sy wou oorspronklik alles in swart, grys en rooi gehad het. “Rooi, seker omdat ek ‘n rooikop is én dit verteenwoordig my vurige persoonlikheid. Dit is dan ook die kleur van die liefde.”
  • Sy gaan ook nou helder kleure soos pienk en geel byvoeg, omdat dit so in die mode is.
  • Sy hou van die kort voor, lank agter-voorkoms.
  • Unieke materiaal en ontwerpe.
FOTO: Deon van Wyk

FOTO: Deon van Wyk

Angelique dra die eerste rok van haar reeks – FOTO

FOTO: Deon van Wyk

FOTO: Deon van Wyk

Dié geleentheid is aangebied deur BLCK Industries wat onwerpers help om hul reekse te vervaardig, bemark en te versprei én Kyna Consili. Dit was nie net Angelique se aandrokke wat hier bekendgestel is nie, maar ook haar swemklere-reeks. Sy het vroeër aan SARIE.com die volgende oor haar swemklere gesê:

“Ek is nie die meisie wat net op die strand lê nie. Ek wil bal speel, maar baie bikini’s laat dít nie toe nie. Daarom wil ek sexy, kleurryke, sportiewe bikini’s maak.”

Buiten dat dié swemklere gemaklik gaan wees, is die kleure ook so gekies om jou regte liggaamsdele te beklemtoon en ander te verbloem. “Ek ken ‘n vrou se insecurities. Daarom is dit só ontwerp dat dit jou vroulike figuur vlei. Die kleure laat jou ook bruiner lyk. Dit gaan jou so mooi moontlik laat lyk, maar dit is ook gemaklik en sexy.”

Die broekies gaan ook verstelbaar wees, want die meeste mense se toppie- en broekie-grootte stem nie ooreen nie. Jy kan dit dan self losser of stywer stel.

Die Houlson Twins het ook hulle reeks, Houlson Twins Design, bekendgestel.

FOTO: Deon van Wyk

FOTO: Deon van Wyk

Kyk ’n video van die geleentheid hier

Alle foto’s: Deon van Wyk

WATTER ROK IS JOU GUNSTELING?