Het jy gehoor?

FOTO’S: Annie Malan by die Grand Prix in Monaco

Die sakevrou en aktrise Annie Malan was die afgelope naweek by die Grand Prix in Monaco.

“Dit is ’n belewenis om die Grand Prix in lewende lywe by te woon,” laat weet Annie vir SARIE.com vanuit Monaco. Sy is deur Renault, wat ’n motorborg was by die Cannes-filmfees, na die Grand Prix genooi. Sy sê ook dat dit nie eens nodig was om oorpluisies in te sit nie.

Annie was verlede week by Cannes op uitnodiging van die tegnologie-reus Hewlett Packard, die hoofborg van dié filmfees. Sy het die amFar-gala bygewoon, en sy was ook by die première van die lang verwagte film van die klassieke kinderboek Le Petit Prince.

Volgende week woon Annie die jaarlikse Internasionale Entrepreneur van die Jaar-konferensie van Ernst and Young by, wat ook in Monaco aangebied word. Sy sal in die gehoor wees wanneer onder andere die uitvoerende hoofde van Coca-Cola, die gewilde Amerikaanse wegneemkoffie-handelsnaam Starbucks en Ford toesprake lewer.

Annie Malan by ’n interaktiewe advertensie vir die nuwe Snoopy-fliek by die Cannes-filmfees in Frankryk

Annie op die rooi tapyt by die première van Le Petit Prince

Annie by die bekende Monte Carlo-renbaan in Monaco waar sy die grand prix gekyk het

Die gewilde Monte Carlo-renbaan in Monaco

Lees ook: