Het jy gehoor?

FOTO’S: Annie Malan skuur (weer) skouers met wêreldbekendes

Die sakevrou, aktrise en sosiale vlinder Annie Malan het onlangs die Financial Times Luxury-konferensie in Monte Carlo bygewoon. Sy het by dié geleentheid vir prinses Charlene en die leefstyl-ikoon Martha Stewart ontmoet. 

Annie was deel van ’n elite groep sakelui van oor die hele wêreld wat dié konferensie bygewoon het. Die fokus was op die bedryf van luukse handelsmerke, waaronder uitsoek-modehuise soos Alexander McQueen en Armani, sowel as eksklusiewe handelsmerke soos Dom Pérignon-sjampanje.

Tegnologie, nalatenskap en die “nuwe” kliënt in dié eksklusiewe mark is veral bespreek. Gaste het ook die geleentheid gehad om na kenners in dié industrie, soos die bekende fotograaf Mario Testino en SA sakeman Johann Rupert, te luister.

Welgedaan, Annie – jy maak ons trots!

Prinses Charlene gesels met die sakevroue, onder andere Louisa Mojela van die SA maatskappy Wiphold (naaslinks), Annie Malan (in geel) en Martha Stewart (heel regs).

Die sakevroue saam met prinses Charlene.

Annie Malan saam met Martha Stewart en Julia Birkenstock van die Spaanse maatskappy Financial Development Services (FDS).

Lees ook