Mandi Baard se klein Jeandré
FOTO: Facebook

Mandi Baard se klein Jeandré FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO’S: Arno Jordaan, Mandi Baard en nog bekendes wys hul babas

Dit maak nie saak watter werk jy doen en hoe bekend jy is nie – nuwe ouers deel graag foto’s van hul kleinspan … Só lyk dié sterre se oulike babas!

Arno Jordaan se Milan

Arno en sy vrou, Lizanie, se eersteling is in Desember gebore. Die sanger het dié foto van sy seun op Facebook gedeel. Klein Milan is al byna ses maande oud.

“Ons is so gebless met hierdie mannetjie! Die vriendelikste baba ooit! #Milan” het hy by dié foto geskryf.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Mandi Baard se Jeandré

Die voormalige Egoli-aktrise en haar sangerman, Schalk Baard, se klein Juandré Laubscher is verlede jaar gebore. Jeandré het effens vroeër as verwag gekom en Mandi het kort ná sy geboorte ’n bakteriële infeksie gekry. Maar vandag is hy (én sy ma) perdfris. Mandi het dié foto van Jeandré op Facebook gedeel voordat ma en seun saam met pa Schalk vir die naweek Kaapstad toe gevlieg het.

Mandi en klein Juandré op Lanseria lughawe FOTO: Instagram

Mandi en klein Jeandré op Lanseria-lughawe.
FOTO: Facebook

Sorina Erasmus se Braam(bossie)

Die sangeres en aktrise Sorina Erasmus verwys liefdevol na haar en haar man, Braam, se eersteling as Braambossie. Dié klein meneer, ook Braam, het sy ma die afgelope naweek na ’n plaastroue vergesel. Sorina het dié foto van haar en haar Braambossie op Facebook gedeel.

Dié troue was Sorina en haar man , Braam, se eerste uitstappie saam met hul baba FOTO: Facebook

Dié troue was Sorina en haar man, Braam, se eerste uitstappie saam met hul baba.
FOTO: Facebook

Sorina, wat bekend geword het as die Flooze op 7de Laan, het ook saam met Braam en klein Braam op die stel van dié gewilde sepie gaan kuier. Die sepie het dié foto van Bertha le Roux by die trotse ouers en hul baba op Facebook gedeel.

Bertha le Roux met Sorina se klein Braambossie by die trotse ouers FOTO: Facebook

Bertha le Roux met Sorina se klein Braambossie by die trotse ouers
FOTO: Facebook

Jo-Ann Strauss se eersteling

Jo-Ann Strauss en Michael Held se eersteling, ’n seuntjie, is onlangs gebore. Dié voormalige Mej. Suid-Afrika het intussen ’n blog, Modern Mommy, begin waar sy dagboek hou oor die kleinding en moederskap vir ’n werkende ma. Jo-Ann wil graag haar baba se privaatheid beskerm, dié dat ons nog nie weet wat die kleinding se naam is nie. Sy het dié foto vir Moedersdag op Facebook gedeel.

Jo-Ann en haar eerste baba FOTO: Facebook

Jo-Ann en haar eerste baba.
FOTO: Facebook

Die Hougaard-tweeling

Sangeres en aktrise Karlien van Jaarsveld deel deesdae graag foto’s van haar en haar rugbyman, Derick Hougaard, se tweeling. Dit lyk op Instagram asof Daniël en Eliah omtrent hul ma besig hou!

Minki van der Westhuizen en baba Katerien

Minki en die rugbyspeler Ernst Joubert se Katerien steel harte oral waar sy gaan. Dié dogtertjie, nou omtrent tien maande oud, is net so mooi soos haar modelma. Minki, nou swanger met haar en Ernst se tweede baba, deel graag foto’s van haar mooi dogtertjie op Instagram.

Minki en baba Katerien FOTO: Instagram

Minki en baba Katerien.
FOTO: Instagram (@minkivanderwesthuizen)

Lee-Ann Liebenberg se Gabrielle

Dié model se twee dogter, klein Gabrielle, is nou eers een maand oud. Lee-Ann sê op haar Instagram-blad sy is skoon obsessief oor haar en haar man, Nicky van der Walt, se oulike dogter.

Alicia Keys se Egys ontmoet Ralph Lauren

Die internasionale sangeres Alicia Keys se seun, Egys, het duidelik ook sy ma se sin vir styl én haar modelmooi voorkoms geërf … Dié kleintjie het onlangs in sy eerste modevertoning geloop! En dít boonop in een van die legendariese ontwerper Ralph Lauren se vertonings. Sy ma het dié oomblik op Instagram vasgevang. Egys lyk te oulik in ’n swart broek, wit knopieshemp, ’n swart trui met ’n hond se gesig en ’n netjiese baadjie.

Egys first runway show!!!!! Wooooowwww!!!!! My lil baby!!!! #proudmamamoment!!!” het Alicia by die foto geskryf.

Nóg oor babas en ouerskap op SARIE.com