FOTO: Instagram  rosiemercado

FOTO: Instagram rosiemercado

Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekende plusgroot model gesels oor die keerpunt om 100kg te verloor

Rosie Mercado, ’n bekende plusgroot model, het 8 jaar gelede weens ’n slegte verhouding met kos byna 186 kg geweeg. Toe besluit sy om haar lewe om te keer, berig People

A photo posted by ROSIE | MERCADO (@rosiemercado) on

Rosie kon nie meer gaan fliek nie, en sy was altyd bekommerd of sy onder die tafel sou inpas by restaurante. Sy moes oppassers huur om saam met haar kinders Disneyland toe te gaan omdat sy te groot was vir die sitplekke op van die pretritte.

 

Modelagentskappe was mal oor haar gesig, maar wanneer hulle uitgevind het watter grootte sy is, het hulle haar afgekeur, berig Daily Mail

Toe ’n lugredery vir haar sê sy sal vir twee sitplekke moet betaal, het die keerpunt gekom. Sy moes iets begin doen … Die emosionele eetgewoontes het begin ná die geboorte van haar derde kind, wat met serebrale gestremdheid gediagnoseer is. Haar huwelik het uitmekaar geval en sy het begin voel kos is die enigste anker in haar lewe.

Maar ná die personeellid van die lugredery voor ’n hele klomp mense vir haar gevra het om vir nog ’n kaartjie op die vliegtuig te betaal, het sy besluit om gesonder te leef. Sy het gereeld begin oefen en gesonder geëet. Sy het begin draf, boks en by ’n jogaklas aangesluit. Kort voor lank het sy ook boot camp begin doen.

Rosie het alle kitskos uitgesny en sê eetgewoontes maak die grootste verskil as jy gewig wil verloor. Sy het binne 2 jaar 95 kg afgeskud! Sy eet baie vrugte en groente, drink baie water en ’n suiwelvrye skommel wat laag is in koolhidrate en hoog in proteïene.

In haar nuwe lyf is sy ’n baie suksesvolle plusgroot model. Maar die feit dat sy nou saam met haar kinders kan pret hê, is vir haar die hoogtepunt.

Baie mense moedig haar aan op sosiale media:

Hoewel die reis na haar doelgewig steeds voortgaan, voel sy gelukkig en sien sy uit na die toekoms, vertel sy aan People.

Bronne: People en Daily Mail

Lees ook