jenna_en_ruby
Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekendes en hul kinders

Hooffoto: Jack Parow (Zander Tyler) se modelmeisie, Jenna Pietersen, en klein Ruby. Jenna het dié foto op haar Twitterblad (@jennapietersen) gedeel. Ruby is op die 12de Junie vanjaar gebore. Klik hier vir foto’s van Jenna se ooievaarstee.

Pierre Spies, sy vrou Juanné en klein Pierre

Pierre Spies (@pierrespies8) het dié foto van sy seun, Pierre, se inseëningsdag by die kerk gedeel. By hom is sy vrou, Juanné.

Jay en sy twee seuns

Sanger Jay du Plessis en sy twee seuns het onlangs ‘n onmoeting met dié kameelperd gehad. Hy het die foto op Twitter (@jay_du_plessis) gedeel.

Wynand Strydom en sy dogtertjie, Bella-Joy

Cheree en Wynand Strydom se Bella-Joy is op 22 November 2012 gebore. Cheree het hierdie foto van Wynand en Bella-Joy se middagslapie getwiet. (@chereestrydom)

Bobby van Jaarsveld en Pippie, sy engel

Die sanger Bobby van Jaarsveld het ‘n baie spesiale band met Pippie, hy noem haar sy ‘engel’. Bobby se tweede seuntjie, Leben, word een van die dae gebore. Hy het dié foto van hom en Pippie op Twitter gedeel. (@bobbyvjaarsveld)

  • Mariette Dipple

    Dit is te pragtig en so bly gelukkige gesinne. Ek wil graag n adres bekom wat ek n navraag wil doen by sarie. Wqarheen kan ek dit stuur want die e pos adewa beantwoord my nie. Dankie Mariette