Jean Henry gesels oor die diepe waters waardeur Arno tans gaan: ‘Byt vas en kyk vorentoe’
‘Diepe waters’ se Arno is ’n aantreklike man met ’n goeie geaardheid. Hy het dit reggekry om as dwelmverslaafde sy lewe om te draai en ’n suksesvolle loopbaan as biokinetikus van die Swartmarlyne te maak. Onlangs het sy verlede hom ingehaal en het hy weer begin om dwelms te misbruik.