bobby3
Het jy gehoor?

FOTO’S: Plaaslike bekendes poseer as storiekarakters

Dis nie nét kinders wat ’n bekoring het met storieverhaal-karakters nie. Dié plaaslike bekendes het foto’s gedeel van hulself opgetooi as van dié karakters.

1. Bobby van Jaarsveld het onlangs dié foto van homself op sosiale media gedeel waar hy kompleet lyk soos The Joker:

2. Die aktrise Tanya van Graan in die mondering van ’n polisievrou tydens die verfilming van een van haar nuutste projekte. Sy het dié foto met die onderskrif “Het iemand die polisie gebel?” gedeel:

A photo posted by tanyavangraan (@tanyavangraan) on

3. Eina! Leandie du Randt, wat veral bekend is vir haar rolle in Terug na Egipte en Hollywood in my huis, het dié foto van haarself gedeel op sosiale media. Sy is besig met die verfilming van ’n kortfilm. Dit is gelukkig net grimering.

Leandie het ook weer teruggekeer skool toe vir die verfilming van die fliek Hollywood in my huis:

4. Karlien van Jaarsveld het onlangs haar lyf Aspoestertjie gehou toe die gelyknamige verhoogproduksie in Mei vanjaar op die planke was:

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Sy was ook soos ’n seerower aangetrek in ’n gelukwensingsfoto wat sy op sosiale media gedeel het vir haar jonger sussie, Cara, se agttiende verjaardag:

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Lees nou: