item6.size_.0.0.celebrity-dining-rooms-07-sharon-ozzy-osbourne
Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekendes se spog-eetkamers

Demi Moore, Sheryl Crow en Elizabeth Taylor is maar net ‘n paar van die vele bekendes wie se spog-eetkamers die afgelope paar jaar in die Amerikaanse ontwerpers -en argitektuurstydskrif Architechtural Digest verskyn het… Só eet dié sterre is styl.

item21.size_.0.0.celebrity-dining-rooms-22-demi-moore-ashton-kutcherDemi Moore se eetkamer in haar vorige huis in Beverly Hills, waarin sy en Ashton Kutcher nog saam gewoon het, is deur die argitek Marmol Radziner ontwerp. ‘n Tafel uit die 1930’s is die middelpunt van dié vertrek. “Meubelstukke van die 1930’s tot die 1970’s het net automaties ingepas,” het Demi gesê. (Maart 2007)

item19.size_.0.0.celebrity-dining-rooms-20-sheryl-crowSheryl Crow het haar 1926 Spaanse Koloniale woning met items wat sy op al haar toere versamel het, versier. Die antieke eetkamertafel is destyds in ‘n linnefabriek gebruik en die ligte kom uit die 1930’s. (Maart 2011)

item15.size_.0.0.celebrity-dining-rooms-16-elizabeth-taylorHollywood-legende Elizabeth Taylor se eetkamer in Bel Air, Kalefornië, bevat ‘n agthoekige tafel met brons kandelare. Dié wyle aktrise het in 2010 haar 4-slaapkamerhuis saam met die binnenshuise ontwerper, Waldo Fernandez oorgedoen. (Julie 2011)

item6.size_.0.0.celebrity-dining-rooms-07-sharon-ozzy-osbourneOm hulle huis in Hidden Hills, Kalefornië, op te knap, het Sharon en Ozzy Osbourne hulle ontwerpersvriend, Martyn Lawrence Bullard, gekry om te help. Hulle het hul donker, gotiese woning vir ‘n oop, ligte een verruil. ‘n Franse koningskandelaar hang bo die tafel en stoele wat deur Martyn self ontwerp is, pronk in dié vertrek. (Junie 2011)

item4.rendition.slideshowWideVertical.celebrity-dining-rooms-05-ellen-degeneres-portia-de-rossi

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ellen DeGeneres en Portia de Rossi se toegeboude stoep is met rottang leunstoele ingerig om lekker informeel en ontspanne saam met vriende te kuier. Die huis is deur die argiteksfirma Buff & Hensman ontwerp. (November 2011)

Gaan loer gerus na nóg ‘n paar spog-eetvertrekke

Bron: Architectural Digest