Minki en Ernst se dogtertjie, Katerien FOTO: Instagram @minkivanderwesthuizen

Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekendes wys hul babas

 

Dié bekendes het onlangs foto’s van hul kinders op hul sosiale media-platforms gedeel. En hoe oulik is hulle nie!?

Arno en Lizanie Jordaan

Arno Jordaan en vroulief Lizanie het op 12 Desember hul eersteling, Milan, verwelkom. (Lees meer hier oor die opwinding van dié dag.)

FOTO: Instagram

Arno en Lizanie se klien Milan FOTO: Instagram

Net soos die Hougaard-egpaar hou hulle nog dié mannetjie se gesiggie ’n geheim, maar dit lyk of hulle hom terdeë geniet! Klein Milan het selfs saam met hulle gaan fliek (foto onder)!

FOTO: Twitter @Arnojordaan

FOTO: Twitter @Arnojordaan

Arno het by dié foto op Twitter geskryf: “Van dag ons 1ste fliek gaan kyk by woodlands! Was nogals lekke en milan het hom mooi gedra!” [sic]

Minki van der Westhuizen en Ernst Joubert

Klein Katerien is verlede jaar op 3 Julie gebore. Katerien het ook al in Suid-Afrika kom kuier – sien dié foto’s HIER.

Karlien en Derick Hougaard

Karlien en Derick se tweeling is 19 Desember gebore. Eliah en Daniël was ’n ruk in die hospitaal omdat hulle vroeër gebore is, maar kuier nou lekker by hul huis.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Lees HIER watter raad SARIE-lesers aan dié nuwe ouerpaar gee

Jessica Simpson en Eric Johnson

Dié Amerikaanse sangeres het ’n foto van haar gesin op haar Instagram-profiel gedeel. Klein Maxwell speel alte lekker saam met haar boetie Ace Knute wat 30 Junie verlede jaar gebore is.

Jessica Alba en Cash Warren

Cash Warren en Jessica Alba deel graag foto’s van hul oulike kinders. Honor en Haven verskil sowat drie jaar en is duidelik hul ouers se oogappels.

Kim Kardashian en Kanye West

Kim en Kanye West (#kimye) beplan blykbaar nou hul uitspattige troue – hulle wou by die paleis van Versailles trou, maar die stad van Parys het blykbaar dié idee van die hand gewys.

Vir lank het hulle nie foto’s van hul baba North West gedeel nie, maar nou is hulle nie meer skugter om foto’s van hul kleinding te wys nie.