Het jy gehoor?

FOTO’S: Bekendes wys hul oulike babas

Minki van der Westhuizen

Minki van der Westhuizen hierdie hierdie foto’s van kleine Katerien op haar Instagram-blad gedeel. Katerien is 3 Julie vanjaar gebore. En kyk … Pa Ernst sit ook hand by!

Graeme Smith

Die Protea-kaptein Graeme Smith en sy vrou Morgan het Maandag, 15 Julie vir Carter verwelkom.

Bill en Giuliana Rancic

Edward Duke Rancic is die seun van dié werklikheidsterre. Hy het sy eie Twitter-profiel, en al het hy nog niks getwiet nie het hy byna 23 000 volgers!

Hillary Duff

Die sangeres en aktrise se seuntjie Luca Cruz Comrie is verlede jaar in Maart gebore.

Beyoncé

Beyoncé en Jay-Z se dogter, Blue Ivy, is in Januarie volgende jaar alreeds 2 jaar oud!

Gisele Bündchen

Die supermodel Gisele deel graag haar oefenroetine met haar en die Amerikaanse voetbalster Tom Brady se dogter, Vivian Lake Brady.

Josh Duhamel en Fergie

Die paartjie het gister bekendgemaak hulle gaan ‘n seuntjie hê! En met dié gene gaan die bulletjie beslis iets vir die oog wees!