Bertha le Roux se rooi haarkleur met ligte strepies is perfek vir winter FOTO: SARIE

Het jy gehoor?

FOTO’S: Bertha le Roux se debuut op die silwerdoek

Bertha le Roux is beter bekend op die kassie as Emma van 7de Laan, maar nou vir die eerste keer is sy ook op die grootskerm! Sy is een van die hoofkarakters in Prinses.

bertha_le_roux_300w

Dié bonatuurlike riller handel oor die Strydom-gesin en die generasievloeke wat hulle teister. Simoné Strydom (wat gespeel word deur die 12-jarige Jané van der Westhuizen) word gekroon as die nuwe prinses van haar laerskool, maar selfs dít is nie goed genoeg vir haar alkoholis-ma, Janine (Bertha), nie. ‘n Gees van ‘n voormoeder maak haar verskyning en familie-geheime word openbaar.

Bertha sê oor dié rol:

Ek is opgewonde om deel van hierdie projek te wees en sien uit dat die publiek my sien as iemand heeltemal anders. Prinses breek alle grense en ek sien uit om dit aan te pak en diep te delf vir my rol as die psigotiese ma …

bertha_le_roux_jane_vd_westhuizen_300w

Haar medespeler en dogter in dié film, Jané (foto links), het onlangs teenoor die Hollywood-akteur Samuel L. Jackson in Kite gespeel. Ander akteurs sluit in Dirk Stoltz, Adri Britz, Zelda Roelofs, Juané Vermaak en JC Snooke. Die regie en teks word deur Morne du Toit behartig wat ook vir Hoofmeisie verantwoordelik was.

Prinses is een van die 13 kortfilms wat tydens die kykNET Silwerskerm Filmfees (28 Augustus – 1 September in Kampsbaai) vrygestel gaan word. Daarna sal die rolprent in uitgesoekte rolprentteaters speel en later op kykNET uitgesaai word.