i0d4188
Het jy gehoor?

Foto’s: Binneland vier 1 500 episodes

Deur die jare het Binneland ‘n paar verskillende baadjies gedra

  • Oktober 2005Binnelanders begin as weeklikse dramareeks wat op M-Net en kykNET uitgesaai is.
  • April 2006Binnelanders word ’n daaglikse sepie wat van Maandag tot Vrydag uitgesaai word.
  • April 2009Binnelanders en Egoli se tydgleuf ruil om. Pleks van om 18:30 begin dit om 18:00.
  • Januarie 2010 – Die hele produksieverhuis van die Johannesburgse middestad na Fontainebleau, Randburg.
  • April 2010 – Die sepie se naam verander na Binneland Sub Judice en word ’n uur lange daaglikse drama. Die prokureursfirma RPK word by die mediese wêreld van die Binneland-Kliniek ingelyf. Die bekende temalied, wat spesiaal deur Jak de Priester geskryf is, val ook weg en word vervang met ’n instrumentale weergawe.
  • April 2011 – Die hele prentjie verander weer. Sub Judice en die regswêreld val weg, en Binneland word nou eksklusief op kykNET uitgesaai.
  • Julie 2012 – Vanaand kan Jak de Priester se temalied weer gehoor word. ’n Musiekvideo is ook geskiet saam met Jak de Priester en die huidige bekende karakters.

Binneland van toe tot nou

Bea en Frans
Verpleegsters 2009 Verpleegsters 2012
Dokters van 2009 Ongevalle dokters 2012
At en Ingrid Sonja en At
Pippa 2009 Pippa 2012
Stefanie Stefanie
Daleen, Elize en Tertius  Pippa en Sonja
Franky en Toeks Tonic
Quintin Gustav
Oorspronklike logo
April 2010 logo April 2011 logo
   
   
  • Cecile Myburgh

    Mis van die Mense in Binneland. Hoop van hulle sal weer n draai kan maak. Soos Daleen, V en Toeks.

  • Ina Enslin

    Dagsê ,

    Hierdie bly my gunsteling program. Dis so real… want ons kan ons daarmee vereenselwig en dis nie uitbeelding van die kommingeit wat iemand altyd will voorgee wat ons afrikaanse mense is nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor komedie…..maar nie oor kommin nie !!! Wow moet sê mis sub-Judice ook nog…. maar wat sê ek nou, wil ek net nog meer en meer hê….(nie gulsig nie) , maar ai julle is so puik in dit wat julle vir ons voorsit…..

    Baie dankie !! Ons geniet dit terdeë.

    Binnelandgroete

    Ina Enslin

  • Rita

    Ek is n baaaaie groot "fan" van Binneland en sommer al die akteurs. 1500 episodes gelede, toe ek die eerste een gesien het , het ek sommer net daar besluit, die sepie gaan nog ons "langslewende" gewildste sepie word. Sederdien kuier julle elke week, vir vier aande, en op n staduim was dit 5 aande, n week by my aan huis. Ek is vir daai halfuur, tussen half sewe en sewe-uur, in sulke goeie geselskap dat ek baie onvriendelik en ongasvry is met enige ander persoon wat in daai tydgleuf wil kom inloer, tensy, hulle bedreid is om stil te bly en saam te kuier met my Binneland gaste. Gaan ek oorsee, lees ek maar die opsommings op Kyknet of "phone-a-friend".
    Soms is ek hartseer wanneer n speler groet, dis mos soos jou eie wat weggaan, maar die lewe gaan aan en mens raak weer gewoont aan nuwe gesigte.
    Baie dankie aan een en almal wat dit vir ons so lekker maak en vir die afwisseling en ontsnap, soms, uit mens se eie wereld. Soms leer mens ook uit die interaksies van die karakters, hoe die karakters sekere probleme of situasies hanteer en oplos. Dus nie net vermaak nie, maar kan ook leersaam wees.
    Mag julle ons nog vir baaaaie lank gaste in my sitkamer wees. Doen so voort met die pragtigste akteurs. Baie dankie ook aan die skrywers wat dit alles moontlik maak met julle talente.
    Aan almal by Binneland….julle is baie spesiaal. Lief julle sommer klompe en klompe!!!!!
    Groetnis!

  • Leoné Prinsloo

    Baie geluk weereens en baie dankie vir die terugbring van die oorspronklike temalied. Net een fout: dit was nie vanaf April 2006 ‘n daaglikse sepie nie, maar eers vanaf Februarie 2007 en ek is doodseker, want daardie tyd het iemand nog een keer elke week die uur vir ons op ‘n videoband opgeneem wat ons dan weekliks by haar gaan kry en weer aan haar terugbesorg het. Hierdie storie bring soveel herinneringe en nostalgie terug dat ek nie eers wil begin nie, want dan sal ek nooit weer kan ophou nie. Baie dankie aan Frederich en Elsje Stark asook aan Mitzi Booysen, julle inspireer my werklik baie. Doen so voort.

  • Lee-Anne

    Ek is n baie groot FAN jare al, Maar moet Delia rerig da wees, sy gaan kos dat ek Binneland nooit weer kyk nie.

  • Sybrand

    Bea en Sonja is vir my die twee beste ster-aktriises van hierdie sepie. Hulle is nie net baie mooi nie, maar ook uitstekende en oortuigende rol-vertolkers.