Het jy gehoor?

FOTO’S: Bobby & Karlien in nuwe fliek

Bobby en Karlien van Jaarsveld speel in ‘n splinternuwe Afrikaanse fliek As jy sing. “Dit is nie sommer net nóg ‘n musiekfliek nie,” verklap Bobby in die September-uitgawe van SARIE.

Ons gesels met Bobby:

Jy speel die hoofrol in die musiekfliek As jy sing. Hoe was die ervaring?

In die begin was ek nogal bang ek sou nie die mas opkom nie, want ons het ’n maand aaneen geskiet. Dit was ook my eerste fliekrol in drie jaar ná Liefling, maar ek is mal oor flieks maak en dit was ’n geleentheid wat ek nie kon weier nie. Ek speel die rol van ’n musiekonderwyser, mnr. Stefan Conradie, ’n bleeksiel wat maklik verlief raak, maar ook kan opstaan vir dít waarin hy glo. Dis nie sommer net nóg ’n musiekfliek nie. Die teks is komies skerp, die storie en karakters interessant. Dis ’n lekker terugsit-en-ontspan-fliek. Die vreemdste vir my was om iemand anders as my eie vrou te soen! Voor die soentonele
met Leah** (wat die vroulike hoofrol van Elize de Bruin vertolk) het ek heeltyd suigstokkies en pepermente gekou. Die snaaksste was toe ek van die scooter afgeval het. Ek’s net spyt dis nie op film vasgevang nie, want ek sou nogal wou sien hoe ek my naam met ’n plank slaan! Die lekkerste en weirdste was om saam met Karlien te werk. Op die stel moes ons die broer-en-suster-verhouding eenkant toe skuif.

BOBBY ANTWOORD LESERSVRAE

Eliza van der Westhuizen, Pretoria: Hoe hanteer jy dit wanneer mense jou in ‘n restaurant nader en ‘n geselsie aanknoop?

Ek’s gemaklik daarmee. Maar partykeer kan mense baie lelik wees. Die vreemdste ding wat al gebeur het is ‘n tannie wat my kom uitskel het toe ek saam met Annatjie in ‘n restaurant ‘n glas rooiwyn gedrink het.

Anna Marie Denner, Orkney: Watter inspirasie kry jy van jou ouers?
Ek en my pa is beste pelle. Hy leer my om ‘n sukses te maak van alles wat ek aanpak. Partykeer is dit moeilik want die ma-en-seun-verhouding kan verlore raak in die besigheid. Maar my ma ondersteun my met alles, sy’s ‘n briljante bestuurder.

Sulette Behnke, Boksburg: Elke kunstenaar droom van ‘n spesifieke deurbraak. Wat is jou huidige teiken?
Dat my album 120 000 eenhede verkoop. Ek wil in nog baie flieks speel en graag ‘n uitdagende, ernstige rol vertolk. Die bad guy speel.

Mirisa Naudé, Port Elisabeth: Is jou loopbaan soos jy gedink het dit sou wees?
Dis soveel meer as wat ek ooit kon droom. Ek wou eintlik ‘n wildbewaarder geword het. Ek het saam met Dozi gaan toer vir die pret en só toevallig in die musiekbedryf beland.

**Hou SARIE.com dop vir meer oor die nuwe ster Leah, Bobby en spelers in die rolprent

bobby_as_jy_sing_1_630wBobby as mnr. Stefan Conradie

juliette_karlien_van_jaarsveld_2__630wKarlien in die rol van Juliette

ajs_bobby_02_630wDie akteurs in die fliek

LEES DIE VOLLEDIGE ONDERHOUD IN JOU SEPTEMBER-UITGAWE VAN SARIE

sept_2013_300w