FOTO: Instagram  carrieunderwood

FOTO: Instagram carrieunderwood

Het jy gehoor?

FOTO’S: Carrie Underwood se post-baba-lyf PLUS wat sê Kelly Clarkson

Carrie Underwood en Kelly Clarkson het heelwat gemeen: Albei is blond, is bekend danksy Idols, én het onlangs ma geword. Tog verskil dié twee sangeresse wanneer dit by hul post-baba-lywe kom. 

Net drie maande ná die geboorte van Carrie se eerste kind, Isaiah Michael Fisher, spog sy reeds met ’n vietse lyf, berig E! News

Carrie en haar man, die hokkiespeler Mike Fisher OTO: Instagram  carrieunderwood

Carrie en haar man, die hokkiespeler Mike Fisher OTO: Instagram carrieunderwood

Dié 32-jarige het tydens die laaste fase van haar swangerskap in ’n onderhoud gesê dat haar lyf nie soos haar eie voel nie: “Ek sien uit daarna om my ou lyf terug te kry.”

Carrie het duidelik haar doel bereik, want sy is die gesig (én lyf) van haar nuwe reeks oefenklereCALIA.

carrie underwood

Die sangeres Kelly Clarkson, daarenteen, steur haar min aan Hollywood se standaarde. Haar pienkvoet, River Rose, word dié maand een.

“Ek is nie obsessief oor my gewig nie. Dis dalk een van die redes waarom ander so ’n groot probleem daarmee het,” sê Kelly in die Mei-uitgawe van Redbook

Lees volledige artikel HIER.

Bronne: Redbook en E! News

Lees ook