Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop 
FOTO: Instagram  kensingtonroyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop FOTO: Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

FOTO’S: Celeb-babas wat vanjaar gebore is

Die ooievaar was taamlik besig dié jaar! Heelparty plaaslike en internasionale bekendes het nuwe toevoegings tot hul gesinne verwelkom. 

Kyk hier na foto’s van 15 babas wat in 2015 gebore is.

Die bekende aktrise en TV-aanbieder Mandi Baard en haar man, die Navi Redd-sanger Schalk, se dogtertjie, Sumé, is op 3 September gebore. Die paartjie se eersteling, Jeandré, is amper 2 jaar oud.

Die Proteas se Morné Morkel, JP Duminy én AB de Villiers en hul vroue het vanjaar babas gekry. Hier staan (van links) Roz Kelly, Sue Duminy en Danielle de Villiers met hul babas.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Die komediant Emo Adams en Michelle Gildenhuys is die trotse ouers van Kadar Zayn Adams, wat op 7 Julie 2015 gebore is.

Prins William en Kate se dogtertjie, Charlotte Elizabeth Diana, is op 2 Mei 2015 gebore. Kyk hoe besorgd is ouboet George.

Op 1 April is die glanspaar Jessica Biel en Justin Timberlake se eersteling, Silas Randall Timberlake, verwelkom.

Die Suid-Afrikaanse glanspaartjie Elana Afrika en Ian Bredenkamp het op 19 Maart vir Esther Beth verwelkom.

Ashlee Simpson en haar man, Evan Ross, se pienkvoet is op 30 Julie gebore. Jagger Snow Ross is die paartjie se eerste kind saam.

Sean en Carla Else se babaseun, Noah, is op 27 Maart gebore.

Sean skryf op Facebook: "Blessed beyond words" FOTO: Facebbok

Sean skryf op Facebook: “Blessed beyond words”
FOTO: Facebbok

Lucy Liu is nou die trotse ma van Rockwell Lloyd Liu, wat deur ’n surrogaatma in die lewe gebring is.

A photo posted by Lucy Liu (@lucyliu) on

Die plaaslike sangeres Helenè Bester en haar man, Jacques Theron, het ook met behulp van ’n surrogaatma hul dogter, Kristi Ellen Theron, op 6 Junie 2015 verwelkom.

FOTO: Facebook   Helene Bester

FOTO: Facebook Helene Bester

Shakira en haar sokkerspeler-kêrel, Gerard Piqué, het op 29 Januarie nóg ’n seun ryker geword. Sasha Piqué Mebarak is in Barcelona gebore. Hul eersteling, Milan, is twee jaar oud.

With my two real gurus #LoveRocks Shak A photo posted by Shakira (@shakira) on

Rugbyspeler Morné Steyn en sy vrou, Christelle, se tweede seun is, Christean, is op 10 Augustus gebore.

Die sanger Nicholis Louw en sy vrou, Denise, het op 20 Augustus hul eersteling, Miané Rosabella, verwelkom.

A photo posted by Denise Louw (@denise.s_louw) on

Lees ook

ZZZ

Skryf HIER in vir dié kompetisie