Chad en sy pa, Bert FOTO Dean Lauréntz

Het jy gehoor?

FOTO’S: Chad le Clos se nuwe swemklere-reeks vir surfers

Die goue seun Chad le Clos het sy eie swemklere-reeks bekend gestel en hy speel self model daarvoor …

SA se Olimpiese gouemedalje-wenner en sy borg Arena het nou twee versamelings swemklere spesiaal vir branderplankryers. Dit heet Ready to Roar en Unbelievable. Chad se ewe gewilde pa, Bert, noem hom “The Lion” – vandaar die naam Ready to Roar. Bert het glo met Chad se geboorte in 1992 ’n aankondiging in die koerant geplaas: “The lion roared at 10:15AM”.

“Unbelievable” verwys natuurlik na Bert se TV-onderhoud in 2012 net ná Chad se goue medalje by die Olimpiese Spele in Londen. Chad sê dít was ook ’n unbelievable oomblik in sy lewe.

VIDEO: Chad gesels oor sy klerereeks

Bron: iAfrica

Lees nou