FOTO: Instagram

FOTO: Instagram crystaldonnaroberts

Het jy gehoor?

FOTO’S: Crystal-Donna Roberts skitter op internasionale rooi tapyt

Die plaaslike aktrise Crystal-Donna Roberts het soos ’n Hollywood-ster gelyk toe sy op die rooi tapyt by die Internasionale Rolprentfees in Venesië was. 

Sy is benoem in die kategorie vir Beste Aktrise vir haar spel in die drama The Endless River. Dié fliek is die eerste plaaslike rolprent wat meegeding het vir die gesogte Goue Leeu-toekennig by dié fees.

Crystal-Donna het foto’s van haar belewenis in Venesië en haar oomblik op die rooi tapyt by die première van The Endless River op sosiale media gedeel.

Voor haar vertrek het sy dié foto gedeel.

1st time going to Italy. 2nd time ever overseas. So excited and grateful for this opportunity. Feeling truly blessed right now. #venicefilmfestival2015

Posted by Crystal Donna Roberts Official on Saturday, September 5, 2015

Veilig by die Internasionale Filmfees in Venesië

Landed safely and trigger happy. What a beautiful City. #venicefilmfestival2015

Posted by Crystal Donna Roberts Official on Sunday, September 6, 2015

Venesië!

Dié foto is tydens ’n radio-onderhoud by die filmfees geneem.

Venice film festival press conference

Posted by Crystal Donna Roberts Official on Monday, September 7, 2015

Pragtige Crystal-Donna by ’n fotosessie vir The Endless River.

Op pad na die première van The Endless River in ’n taksi-boot.

Crystal-Donna skitter op die rooi tapyt by die première van The Endless River. Die Plaaslike ontwerper JJ Schoeman het dié pragrok ontwerp.

Veilig tuis by haar verloofde, Schalk Cornelessen.

Finally!!! Back home with the fiancé! With – Schalk Cornelessen #Bliss

Posted by Crystal Donna Roberts Official on Friday, September 11, 2015

Die Internasionale Rolprentfees in Venesië het 2 – 12 September op die Lido-eiland plaasgevind.

Ongelukkig het nie Crystal-Donna of The Endless River die toekennings waarvoor hulle benoem is ontvang nie.

Lees ook