abdan_rz21_310w
Het jy gehoor?

FOTO’S: Danielle en AB de Villiers se wittebrood

Die krieketster AB de Villiers en sy vrou Danielle is vroeër vanjaar getroud (sien die troufoto’s hier). Hulle het onlangs van hul wittebrood teruggekom en Danielle het hul ervaring met SARIE.com gedeel.

AB en Danielle het ‘n twee week-lange Afrika-avontuur gehad. Hulle het in Tanzanië begin en vir ‘n week lank op safari gegaan – van die Serengeti tot by die Masai Mara in Kenia. Hierna het hulle vir die laaste deel van hul wittebrood op Diani-strand (ook in Kenia) uitgespan.

abdan_rz1_300w abdan_rz2_300w

FOTO BO: Gepak en reg vir Safari! Hulle mag elkeen net 15 kg bagasie saamgeneem het. FOTO REGS: Hul eerste aand by die Arusha Coffee Lodge in Tanzanië.

Waarom dié bestemming?

Afrika is so ‘n ongelooflike plek met soveel geheime en steeds voel dit asof mense nie vinnig genoeg Europa of Amerika toe kan gaan nie! Ons wou ons eie kontinent ontdek en die ware African experience ervaar.

abdan_rz3_630w

FOTO: AB en Danielle het ‘n private straler tot hul beskikking gehad vir die twee weke.

Wat het julle als gedoen en gesien?

Ons is geseënd genoeg gewees om Afrika in ‘n lig te kon sien waarvan baie mense droom. Ons het onder andere:

– na ‘n koffie-plantasie in Arusha gegaan en geleer hoe hulle koffie maak

– gereis in ‘n private straler (ons het elkeen een keer voor by die loods gesit)

– op wildritte gegaan en baie geleer oor die natuur

– op ‘n staproete gegaan saam met ‘n gids om wild te sien

– ons eie persoonlike butler gehad by elke plek waar ons gebly het

– driegang-maaltye drie keer per dag geniet!

– gehoor hoe allerhande diere om ons tent loop in die nag, van ‘n seekoei tot ‘n buffel!

– in ‘n warmlugballon gevlieg

– ‘n fantastiese ontbyt geniet in die Masai Mara tussen olifante

– gholf gespeel in Kenia

– Scrabble gespeel op Diani vir ure aaneen

– aandete geëet in ‘n restaurant in Kenia wat binne in ‘n grot is

abdan_rz4_300w

abdan_rz8_300w

FOTO’S: Aandete tussen die wild by die Tarangire Treetops (links). Hier het hulle in ‘n tent in ‘n boom geslaap (foto regs). Snags kon hul hoor hoe die diere verby en onder deur die tent beweeg.

abdan_rz5_630w

FOTO: AB speel met seuns van die omgewing.

Eksklusief! AB de Villiers se trouvideo

abdan_rz6_630w

FOTO: Danielle word vermaak met sang en dans.

Hoe lank ná die troue was jul wittebrood?

Net minder as 5 maande na die troue. Ons het ons 5 maande huweliksherdenking daar gevier.

Wat is die voordele en nadele om nie dadelik op wittebrood te gaan nie?

Die enigste nadeel is seker net dat jy langer moet uitsien daarna, wat in elk geval ‘n voordeel is! Al die opgewondenheid en happiness wat jy voor die troue voel, kry jy weer van voor af vir die wittebrood!

abdan_rz7_630wFOTO: ‘n Romantiese oomblik by die Tarangire Game Reserve.

abdan_rz9_300w abdan_rz10_300wFOTO’S: The Manor in die Karatu-distrik. Hier is hulle bederf met masserings.

abdan_rz11_630w

FOTO: Die asemrowende Ngorongoro krater. Hier het hulle baie wild gesien.

Wat is die móéts in jou tas vir ‘n Afrika-wittebrood?

Glo dit of nie, die maksimum gewig vir ons tasse was net 15kg elk! So dit was ‘n storie! Ons moes ook ligte kleure dra (soos khaki, wit en ligte groen), omdat die Tsetse-vlieë meer geneig is om jou te steek as jy donker kleure dra.

My must-haves was ‘n kamera, sonroom, ‘n goeie sonbril en hoed, gemaklike skoene en klere soos ‘n goeie denimbroek. Ek het ook 5 verskillende serpe saamgevat sodat my uitrustings nuut lyk, al het ek die klere reeds gedra.

abdan_rz12_300w abdan_rz13_300w

FOTO LINKS: Middagete saam met nog ‘n paartjie wat ook op hul wittebrood was.

FOTO REGS: ‘n Seekoei loer vir hulle net buite hul tent.

abdan_rz14_300w

FOTO’S: By die Serengeti Migration Kamp

FOTO: Hulle het die groot trek van die diere gesien vanuit ‘n warmlugballon.

abdan_rz16_630w

Wenke vir mense wat ook heerheen wil gaan:

Vat ‘n goeie kamera saam. Dis die heel belangrikste. Dis eintlik al wat jy saam met jou herinneringe terugneem huis toe, en daar is soveel om in te neem! AB was permanent besig om foto’s te neem!

Neem deel in soveel moontlik aktiwiteite as wat jy kan. Daar was elke dag twee of drie aktiwiteite vir ons om te doen – en dis alles die moeite werd.

Pak lig, ons kon by elke plek verniet ons wasgoed laat was.

Drink sundowners elke liewe dag! Die sonsondergang is onbeskryflik mooi in die bosveld!

abdan_rz17_630w

FOTO’S: Middagete en ‘sports’ in die Masai Mara.

abdan_rz19_300w abdan_rz18_300w

Wenke vir ‘pasgetroudes’

Geniet mekaar. Om getroud te wees en ‘n lewensmaat te hê is die grootste seën van die Here af. Wees dankbaar vir mekaar, en don’t sweat the small stuff. Elke dag leer jy nog iets oor jou eggenoot en dít is ‘n opwindende reis! Om die Here eerste te sit in die huwelik en dankbaar te wees vir alles wat ons het, is die heel belangrikste van alles.

FOTO: Die warmlugballon was ‘n hoogtepunt van hul wittebrood!

FOTO: Danielle en AB span uit op die Diani-strand.

abdan_rz20_630w