David Beckham
Het jy gehoor?

FOTO’S: David Beckham se kinders teken sy nuwe tatoes

Die voormalige sokkerheld David Beckham is versot op tatoes. Albei sy arms, sy rug en bors is al byna toe onder die tatoeëermerke. Tog keer dit hom glad nie om gereeld nuwe toevoegings te kry nie, berig People.

David se nuutste tatoe is in die binnekant van sy hand! En as ons dit nie self op dié foto gesien het nie, sou ons dit dalk nie glo nie, maar dit is een van Harper (4) se krabbel-prentjies!

A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

David se ander nuwe tatoe is deur sy seuns, Brooklyn (16), Romeo (13) en Cruz (10) geskryf. In hul handskrifte staan daar “We love you, Daddy”.

A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

Hou jy van David se nuwe tatoes?

  • Ja
  • Nee

Lees ook