FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

FOTO’S: David Beckham vier sy 40ste in styl

David Beckham se 40ste verjaardaggeskenk aan homself was Instagram, berig PopCrush. Dié voormalige sokkerster deel vanaf 2 Mei sy spesiale oomblikke met die wêreld. 

“Dit is lekker om uiteindelik op Instagram te wees … Dankie vir al die verjaardagwense … Ek sien uit na ’n wonderlike dag met familie en vriende,” het David vir die eerste keer op dié sosiale media-platform geskryf. Hy het ook ’n kaalbolyf-selfie opgelaai.

FOTO: Instagram  @davidbeckham

FOTO: Instagram @davidbeckham

David het dié mylpaal met familie en (bekende) vriende in Marrakesh, Morocco gevier.

Vroulief Victoria was natuurlik ook aan sy sy. As jy kyk na die foto’s wat dié voormalige Spice Girl gedeel het, is dit duidelik dat hulle steeds dolverlief is.

What a special and amazing night to be with the people I love

A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

Gepraat van die Spice Girls, Geri Halliwell (Ginger Spice) en Melanie Chisholm (Sporty Spice) was ook op die gastelys. Aktrise Eva Longoria was ook daar.

Great to see these shy and retiring ladies. Never a dull moment.   A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

Die stylvolle paartjie ewe stylvolle kinders was ook deel van die feesvieringe.

 

Reached 1 mil on my mums birthday and 2 mil on my dads. Thank u guys so much #DB40

 

A photo posted by Brooklyn Beckham (@brooklynbeckham) on

Dit is duidelik dat Pappa nie vir sy prinsessie kan “nee” sê nie. Kyk net hoe lekker speel sy pop!

Someone is trying to make daddy feel pretty today after a heavy night A photo posted by David Beckham (@davidbeckham) on

Bron: PopCrush

Lees ook