victoria en david beckham
Het jy gehoor?

FOTO’S: David en Victoria Beckham vier hul 16de huweliksherdenking

Die celeb-paartjie David en Victoria Beckham het die afgelope naweek hul 16de huweliksherdenking gevier, berig Hello!

Victoria het dié gesinsfoto op haar Instagram-blad gedeel: “Gelukkige huweliksherdenking, ek is so lief vir jou en trots op ons pragtige gesin,” het die foto se onderskrif gelees.

David het weer op sy beurt ’n foto van hom en sy vrou op sosiale media geplaas. Hier het hy Victoria bedank vir die lewe wat hulle saam gebou het: “Vandag 16 jaar gelede was dit ons spesiale dag, en 16 jaar later het ons ons pragtige kinders … Gelukkige huweliksherdenking.”

David en Victoria het in 1999 ewige trou aan mekaar beloof. Hulle het vier kinders saam: Brooklyn (16), Romeo (12), Cruz (10), en Harper (3).

Bronne: Hello! en Huffington Post

Lees ook