angelina_red_dress_310w
Het jy gehoor?

FOTO’S: Dié bekendes het harte van goud

Bekendheid gaan oor meer as net om in die nuutste skeppings op die rooi tapyt te pronk. Verskeie plaaslike bekendes en internasionale sterre is betrokke by liefdadigheid.

Die Bad Blood-sangeresTaylor Swift, het onlangs $50 000, meer as half miljoen rand, aan ’n aanhanger geskenk, berig E! online. Dié 11-jarige aanhanger, Naomi Oakes, is onlangs met kanker gediagnoseer. Ná ’n video van haar op YouTube gelaai is, het Taylor die Oakes-familie sterkte toegewens.

Kyk hier na die video van hoe Naomi op Taylor se boodskap reageer:

Die akteur Johnny Depp het onlangs die Lady Cilento-kinderhospitaal as sy Pirates of the Caribbean-karakter besoek. Johnny, oftewel Kaptein Jack Sparrow, het al voorheen verskeie hospitale as dié gewilde karakter besoek. Een van die ouers het aan E! online vertel dat Johnny se span hom aangejaag het, maar dat hy nie genoeg met die kinders kon gesels nie.

jack

Die Huffington Post berig dat Angelina Jolie ongeveer $200 000 (meer as 2 miljoen rand) aan die Malala Yousafzai-trust geskenk het. Malala is die jongste ontvanger van die Nobelprys vir haar werk as aktivis vir die onderrig vir vroue.

angieSuid-Afrikaanse bekendes doen ook graag hul deel. Die Getroud met rugby-aktrise Hanna Grobler het reeds in 2008 die Hanna Charity and Empowerment Foundation op die been gebring. Dié liefdadigheidsorganisasie fokus daarop om mense in minder gegoede gemeenskappe se lewens te verbeter in die vorm van beurse. Die beurse verskaf kos, onderwys, gesondheidsorg én emosionele ondersteuning. Die Vlug na Egipte-akteur Ivan Zimmermann is ook by dié organisasie betrokke.

Verskeie plaaslike bekendes soos Anele Mdoda, Johrné van Huyssteen en Karen Zoid is vanjaar betrokke by die Bikers for Mandela-projek. Zelda La Grange is die sameroeper van dié projek. Deelnemers klim op motorfietse en besoek van die land se mees afgeleë gebiede om mense te help.

 

SHOUT SA poog om slagoffers van misdaad by te staan en om Suid-Afrikaners ’n stem te gee om misdaad te bekamp. Verskeie bekendes soos die sanger Danny K, ontwerper Gert-Johan Coetzee en musikant Kurt Darren is hierby betrokke.

FOTO:  dannykj23

Danny K en Kurt Darren FOTO: dannykj23

FOTO:  dannykj23

Danny K en Gert Johan Coetzee FOTO: dannykj23

Bronne: E! onlineE! online, en Huffington Post

Lees nou