FOTO: Instagram  louwjakkie

FOTO: Instagram louwjakkie

Het jy gehoor?

FOTO’S: Dié bekendes se kinders is ‘te groot vir hul skoene’!

Van gholf tot grimering, party van ons plaaslike bekendes se kinders is “te groot vir hul skoene”! Ons kla nie, kyk gerus na dié oulike foto’s:

Sanger Jakkie Louw se Kara (hooffoto) is nog nie eens een jaar oud nie en sy is reeds gemaklik agter die stuurwiel.

Model Lee-Ann Liebenberg en haar Gia lyk op ’n haar na mekaar. Albei bevorder ook graag hul natuurlike skoonheid.

“Dit is wat gebeur wanneer sy met my maskara speel. Party oggende lyk ek ook seker so #MonkeySeeMonkeyDo”, het Lee-Ann op haar Instagram-blad gedeel.

Rugbyspeler Morné Steyn het sy liefde vir gholf aan sy seun, Jóvan, oorgedra. Duidelik ’n geval van aardjie na sy vaartjie.

As jy na dié foto’s kyk, lyk dit of kletsrymer Jack Parow se Ruby net soveel houding soos haar cool pa het.

Lees ook